|
|
|
Welkom By Sarie Marais
Het u geweet dat 'n aap in die Suid-Afrikaanse weermag bevorder is tot die rang van korperaal en ook vereer was met 'n medalje ? Dit is net een van die interrisante feite waarop ek afgekom het terwyl ek die nuwe webblad gebou het. Lees HIER meer daaroor.
Welkom by Sarie 2010. Na 3 jaar se navorsing en bou is ek uiteindelik gereed om die nuwe webblad op te laai. Omdat die webblad so groot is maak baie van die afdelings in hulle eie vensters, of afsonderlikke webblaaie oop.
1) Die doel van hierdie webblad is om Afrikaans te bevorder en om die Suid Afrikaanse en Boere / Afrikaner kultuur te geniet en met ander te deel.
2) Om ons verlede te onthou.
3) Om ons kinders, veral die wat in die buiteland woon, van ons taal, geskiedenis en kultuur bewus te maak en hulle trots te maak op wie en wat hulle is.
4) Om praat, skryf en lees in Afrikaans te stimuleer.
5) Om Suid-Afrikaners bymekaar te bring waar ookal in die wêreld, saam te lag, dans, speel, help en huil wanneer nodig.
6) Ons Geselsforum is kindervriendelik en ons kinders hou dus met mekaar kontak terwyl hulle by hulle maats leer van hoe dit regtig is om in 'n ander land te woon, terwyl hulle in Afrikaans skryf, lees en praat.
Radio Sarie
Radio Sarie was die eerste Afrikaanse internet radio stasie wat gebruik gemaak het van lewindige uitsendings en ook omroepers gebruik het. Daar was wel ander stasies waar daar na musiek geluister kon word, soos Radio Kierieman. Die eer vir die eerste Afrikaanse radio stasie kom hulle dus toe.
Radio Sarie se omroepers is wêreldwyd versprei en sorg vir die puik programme wat daagliks gehoor kan word.
Die radio word gebruik as ekstra vermaak saam met die gesels op ons forums. Die omroepers is dan ook in kontak, en gesels saam op die forums terwyl hulle die program aanbied, alles word dus saamgevlans in een groot bondel pret.
Daar is daagliks meer en meer Suid Afrikaanse kunstenaars en plate maatskapye wat hulle gewig agter ons gooi en help bou aan Sarie Marais. Com en Radio Sarie. Kyk gerus na Radio Sarie se blad vir meer inligting.
Radio Sarie en die Forum.
Ek het die forum en radio 'n jaar of wat gelede gestaak om my kans te gee om hierdie webblad klaar te bou, ons begin dus nou van voor af om die forum en radio stasie op te bou, kom sluit gerus by ons aan en deel in die pret.
Omtrent myself.
Ons woon die afgelope 7 jaar in Engeland, ek kom oorspronklik van die Wes Rand af, Randfontein, Westonarea omgewing. Ek het as myner gewerk in Suid Afrika en werk tans vir myself. Ek voorsien gereedskap en masjienerie aan motor handelaars. Kyk na Jessacko.Com vir meer inligting.
Ek En Poletiek
Net om moontlikke latere konflik uit te skakel.
Ek is NIE 'n rasis nie. Ek was reeds in onder andere die Rapport aangevat dat hierdie webblad rasisties is. Ek is 'n Boer (met 'n hoofletter) en trots daarop. Ek gun enige ander persoon dieselfde son wat oor my skyn, maar my nasie, taal, kultuur, geskiedenis en God kom eerste. Indien u meer oor my sienings wil weet volg gerus die skakel na die Staansaam bladsy toe.
Wil u Meer Weet ?
Indien u voel dat u saamstem met wat u sover gelees het en voel u wil verder lees, kom asb binne en geniet die res van wat www.sariemarais.com u kan bied.
Indien u egter nie saamstem met wat u tot dusver gelees het nie, dankie vir u besoek aan ons voorblad. |
|
SarieMarais Welcomes you.
1) The aim of this website is to promote Afrikaans and to share the South African and Afrikaner / Boer culture with those who want to share in it.
2) To bring Afrikaans speaking people together no matter where in the world and to be able to share in each other's joy and sorrow, while helping each other where we can.
3) Our Forums are child friendly, this is where our kids keep in contact with their friends while learning about life in other countries.
Radio Sarie
Radio Sarie was the first Afrikaans inter radio station that used live broadcasts as well as having DJ's live on air. There was other radio stations before us, like Radio Kierieman, but they only had music, no live programs, however the honour of being the first Afrikaans radio station belongs to them.
Our DJ's are broadcasting from just about all over the world, they are all forum members and they provide the best on air entertainment possible.
We use the radio as part of our forums where the DJ can interact with the forum members, playing requests, joke and generally have a good time.
We are getting more and more support from South African artists and record labels. They all agree with what we are doing and are helping to make Sarie Marais.Com and Radio Sarie a sucsess.
Want To Know More ?
If you agree with what you have read so far and want to read on, please do so. Enter the website and enjoy all www.sariemarais.com can offer.
If, however you don't agree, then i would like to thank you for visiting our homepage.
The rest of the site is mainly written in Afrikaans. I may translate some of it to English is the future, but if there is something you want me to clarify or translate please contact me. |
|